Far far away, behind the word mountains, far from the countries Vokalia.
Separated they live in Bookmarksgrove right at the coast of the Semantics

Curating the Best of the Ordinary & Everyday

Shop

Ons verhaal

In die Richtersveld begin ons verhaal. By 'n veepos-'n eenvoudige tuiste in die veld-leef 'n man met die skape en bokke aan sy sorg toevertrou.

Die veld bepaal die ritme van sy dae.

Aan sy sy is Soldaat. 'n Werkshond. 'n Beskermer. Sy vriend.

Soldaat vra nie waar die man vandaan kom, of wat hy besit nie. Hy ken sy stem. Sy hand. Die plek langs hom.

Saam deel hulle die werk, die lang dae en die stilte. Die man sorg vir die kudde. Soldaat waak oor die vee en oor hom.

Vir die man is hy geselskap. Vir Soldaat is hy sy mens.

Daardie band het VEEPOS geïnspireer.

Die hond in ons kenteken dra die verhaal van Soldaat: sy trou, sy karakter en sy sorg vir die man en die kudde aan sy sy.

Ons neem daardie sorg saam in wat ons maak: deurdagte ontwerp, uitgesoekte materiale en aandag aan elke besonderheid.

Van die Richtersveld tot waar jy jou lewe leef. By jou mense. In jou eie oomblikke.

Soldaat. Die legende.

-------------------------------------------------------------------------------------------

Die eerste reeks.

VEEPOS T-hemp – Ivoor / Mocha

Plaaslik gemaak. Ontwerp vir gemak. Die sagte, gekamde katoen voel lig op die lyf en sit gemaklik met ’n netjiese, tailored gevoel. Die ivoorkleurige hemp word afgerond met VEEPOS LEWE se Soldaat-...

$29.19